EarthCache Guidelines – Afrikaans Translation

These are the current guidelines that must be met to have an EarthCache published on geocaching.com.

Please be aware that your EarthCache must meet all of these guidelines before it is published. Please read through the following carefully to make sure your EarthCache submission meets these guidelines PRIOR to submittal. Your submission will be processed by one of the EarthCache Team reviewers (geoawareXXX) to ensure appropriateness of the site and educational standard of the notes, and logging requirements. The review process can take up to a week and even longer if your submission requires adjustments. Failure to follow these guidelines may delay or prevent the publishing of your EarthCache.

For more information on EarthCaches, please read the following:
Help Center articles on EarthCaches (hosted by Geocaching.com)
EarthCache FAQs

Riglyne vir Indiening

(Hersien 1 Januarie 2013)

Die engels weergawe is die oorsponklike en sal gebruik word as nodig.
Dankie aan cincol en Hesamati vir hulle bydrae.

Lees asseblief sorgvuldig deur om seker te maak jou aardskat-beskrywing stem ooreen met hierdie riglyne VOORDAT jy dit indien vir publikasie.

1. Aardskatte (d.i. “EarthCaches”) moet ‘n aardwetenskaplike les inhou. (aardwetenskappe gedefinieer)

2. Aardskatte moet opvoedkundig van aard wees. Hulle verskaf akkurate, opvoedkundige, maar nie-tegniese verduidelikings van wat die besoeker op die spesifieke aardskatperseel sal waarneem/ervaar. Die aardskatbeskrywing, insluitende die verlangde opdragte/take, moet van die voorveronderstelling uitgaan dat die besoeker slegs basiese geologiese kennis het. (opvoedkundige aspekte verduidelik)

3. Aardskatte moet ‘n unieke geologiese verskynsel uitwys. (kyk definisie hier) Aardskatbeskrywings wat ‘n bestaande aardskat se inligting slegs dupliseer vir ‘n nuwe perseel mag dalk afgekeur word. Aardskatte moet só ontwikkel word, dat hulle ‘n unieke ervaring aan die besoeker bied en hom/haar ‘n unieke les aangaande die verskynsel by die spesifieke perseel leer. Verskeie aardskatte wat op dieselfde verskynsel gebaseer is, moet vermy word. Die inhoud van ’n aardskatbeskrywing en die verskynsel wat dit beskryf, eerder as die fisiese afstand tussen aardskatte, dien as die deurslaggewende riglyn tydens die evalueringsproses. Dit beteken dat verskeie aardskatte op dieselfde perseel ontwikkel mag word, mits elkeen ‘n unieke les bevat.

4. Toestemming vir die plasing van ‘n aardskat moet VOOR indiening van ‘n nuwe aardskatbeskrywing van die eienaar of bestuurder van die perseel verkry word (afhangend van die plaaslike reëls/wette). Die naam, posbeskrywing en kontakbesonderhede van die persoon wat magtiging verleen het, moet saam met elke nuwe beskrywing verskaf word. Andersins moet ‘n rede(s) verskaf word waarom geen toestemming benodig word nie, asook ‘n volledige beskrywing van die voorgestelde perseel. (toestemmingsvereistes word hier volledig verduidelik)

5. ‘n Aardskat kan ‘n enkele of meerdere persele insluit. Jy moet self die perseel(e)  in die voorafgaande twee maande besoek om te verseker jy het eerstehandse, onlangse inligting rakende die perseel(e). Jy moet akkurate koördinate verskaf vir elke perseel waar take uitgevoer moet word en ook bevestig dat die algemene publiek tot hierdie persele toegang het. Jy bly verantwoordelik om die nodige stappe te neem indien enige van die inligting/voorwaardes t.o.v. toegang, toestemming of enige ander besonderhede in die toekoms verander. (perseelvereistes word hier verduidelik)

6. Die uitvoer van sekere perseel-spesifieke, opvoedkundige take deur die besoeker is ‘n voorvereiste vir die opeising (“logging”) van ‘n aardskat. Die take wat aan ‘n besoeker gestel word, moet verseker dat hy/sy die inligting in die aardskatbeskrywing en waarnemings by die perseel in een of ander analise/sintese kombineer. Die antwoorde/oplossing(s) van hierdie take sal as bewys dien dat die besoeker wel die spesifieke perseel besoek het. Vrae wat slegs ten doel het om te bevestig dat ‘n persoon wel die perseel besoek het en geen relevante geologiese inligting bevat nie, is onaanvaarbaar. Enige vereiste om foto’s te verskaf is opsioneel en moet as sodanig aangedui word. Besoekers moet hulle antwoorde, oplossings en/of taakverduidelikings elektronies aan die aardskateienaar stuur deur sy/haar geocaching.com profiel. Outomatiese e-pos antwoordmeganismes mag nie gebruik word om antwoorde te evalueer nie. (skakel na die Hulpsentrum) Die antwoorde/oplossings van die vrae/take moet tydens die aanvanklike indiening van die aardskatbeskrywing in die “Reviewer Note” aan die evalueerder verskaf word. (opeisingstake word hier volledig verduidelik)

7. Aardskatbeskrywings en opeisingsvereistes moet in ‘n plaaslike, amptelike taal ingedien word. Addisionele tale word aangemoedig, maar die plaaslike taal moet eerste verskyn. Om die evalueringsproses te bespoedig, mag jy  dalk gevra word om bykomende teks te verskaf in ‘n taal wat die evalueerder kan verstaan.

8. Respekteer alle handelsmerke (™) en kopieregte (©) en gebruik slegs teks, beelde of foto’s waarop jy geregtig is/waarvoor jy toestemming het. Aardskatte wat inligting bevat wat bloot van ander bronne gekopieer is, of waar bronne gebruik is sonder toestemming of voldoende verwysiging, sal afgekeur word. Beperkte hoeveelhede teks mag aangehaal word, mits die nodige verwysiging(s) duidelik ingesluit is. (skakel na die Hulpsentrum)

9. Aardskatpersele moet voldoen aan die beginsels van geocaching” en die “Laat geen spoor” buitelewe etiek. Gebruik genoegsame verwysingspunte (“waypoints”) om te verseker dat besoekers reeds-bestaande voetpaadjies en roetes gebruik. Die beskadiging van enige eiendom, fauna en/of flora is onaanvaarbaar. Wees asseblief bedag op delikate ekosisteme. Aardskatbeskrywings en -persele moet die beginsel van “versamel eerder herinneringe as voorbeelde” aanmoedig. Geen fisiese skatkis of enige ander item(s) mag op die perseel geplaas word nie.

10. Aardskatte word op geocaching.com ingedien en gelys en moet aan hul riglyne en vereistes (“Geocache Listing Requirements / Guidelines“) sowel as hul terme en voorwaardes (“geocaching.com Site Terms of Use Agreement) voldoen. Die Geologiese Vereniging van Amerika  en die Aardskat-span behou die reg om enige aardskat te verander, te redigeer, af te keur en/of te argiveer indien dit nie aan hierdie voorvereistes voldoen nie, of vir enige ander rede wat dit mag regverdig.